ISSN: 0041-476X E-SSN: 2309-9070
DOI: https://doi.org/10.17159/tl.v59i3.14087
ESSAY
Frank Hendricks
Frank Hendriks is emeritus professor, affiliated with the Department of Afrikaans and Dutch, Fakulteit of Arts and Human Sciences, University of the Western Cape, Bellville, South Africa. He is an Afrikaans linguist specializing in syntax, variation and onomastics.
E-pos: fhendricks@uwc.ac.za
Om ’n woordjie oor Heinrich Stephen Samuel Willemse, alombekend as Hein, by geleentheid van sy aftrede te kan rep, is inderdaad ’n grootse voorreg.
My verbintenis met Hein gaan ver terug. Ek het in die vroeë neëntien-tagtigerjare met hom kennisgemaak toe hy aangestel is as letterkundedosent in die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Wes-Kaapland. Ekself is kort tevore, in Julie 1979, as dosent in Afrikaanse taalkunde aangestel. Toe ek hom vir die eerste keer in die gang van ons departement gewaar, was hy geklee in ’n
’n Besondere moment toentertyd was toe Hein op 23 Julie 1981 my kantoor binnestap en my glimlaggend verras het met ’n eksemplaar van sy digbundel
ons moet hierdie ruimlandwaar mensheid verwar word,opbreeken van nuuts af oopbou.(
I will make my offering at the feet of my lovely Mother:I will rebuild her house, the holy places they raped and plundered,and I will make it fine with black wood, bronzes and terra-cotta.(Chinua Achebe)
Hierdie gediggie, in kombinasie met die sitaat uit Achebe se werk wat intertekstueel daarop inspeel, sou terugskouend geïnterpreteer kon word as Hein se credo aan die begin van sy professionele loopbaan—’n loopbaan wat by die Universiteit van Wes-Kaapland begin het en sedert die jaar 2000 by die Universiteit van Pretoria voortgesit sou word. Die loopbaan wat Hein vir homself voorsien het, sou mettertyd veel meer inhou as bloot die doseer van en navorsing oor die Afrikaanse letterkunde. In aansluiting by gemelde gediggie en sitaat sou hy hom van meet af met groot élan verbind tot diens aan Suid-Afrika, sy Moederland—nie alleen ten opsigte van die “opbreek” van die apartheidregime nie, maar veral ook ten opsigte van die vestiging van ’n nuwe orde wat, wat hom betref, gekenmerk sou word deur die “oopbou”, die omskepping van ons land tot ’n “ruimland” waarin “mensheid” nie “verwar” word nie maar waarin die menswaardigheid van almal, veral ook dié van mense wat maatskaplik, polities en ekonomies gemarginaliseer is, erken en verreken sou word. Hierdie grootse taak sou hy aktivisties aanpak want hy sou ander naderroep en aanspoor om ywerig mee te doen: ja, nie hy alleen nie, maar hy en ander—óns—”moet hierdie ruimland […] opbreek en […] oopbou”!
Tydens sy professionele loopbaan van ongeveer veertig jaar sou Hein se credo op ’n voortreflike en benydenswaardige wyse verwerklik word. In samehang met sy skerp intellek, meesterlike redeneervermoë en vaardigheid om insigte in Afrikaans sowel as Engels op ’n raak wyse te verwoord, sou sy diens in die teken staan van deeglikheid, genuanseerdheid, vernuwing en transformasie.
Vele dinge omtrent Hein kom in my op:
Tydens sy diensperiode aan die UWK het hy nie op die departementshoof gewag om projekte te inisieer nie. As selfgedrewe persoon sou hy meermale die leiding neem in sake ten bate van ons departement en ons vak. In dié verband onthou ek sy leiersrol ten opsigte van onder meer herkurrikulering, die vestiging van ’n navorsingskultuur in ons departement en die inisiëring en beplanning van vaksimposia en die latere teboekstelling van die verrigtinge. Op grond van sy noeste vlyt om akademiese aktiwiteite te dryf, het personeellede hom agteraf ’n slawedrywer genoem.
Die bevordering, ondersoek en boekstawing van Swart Afrikaanse skryfwerk geniet hoë prominensie by Hein, soos onder meer blyk uit sy mederedakteurskap van publikasies soos
Hein se aanbieding op uitnodiging van die N. P. van Wyk Louw-gedenklesing in 2016, sy bekleding van die leerstoel Zuid-Afrika: talen, literaturen, cultuur en maatschappij aan die Universiteit van Gent in 2017/2018, sy optrede as besoekende dosent by verskillende Suid-Afrikaanse en internasionale universiteite oor die jare heen, sy dienstermyn as president van die International Society for the Oral Literatures of Africa (ISOLA) en sy diens as direksielid van Naspers is aanduidend van die hoë aansien wat hy nasionaal en internasionaal geniet.
Sy joernalistieke rubriekbydraes en gedetailleerde huldeblyke/terugbliktekste oor persone soos Danny Titus, Cecyl Esau en Ampie Coetzee getuig van sy uitgebreide kennis van en/of insig in mense, plaaslike, nasionale en wêreldgeskiedenis asook politieke, ekonomiese, kulturele en religieuse aangeleenthede.
En so kan ek aangaan ...
Wat ’n verstommende rekord! Wat ’n toonbeeld van diensbaarheid! Wat ’n verrykende aanwins!
Hein se oomblik van aftrede het aangebreek. Maar soos ek hom lees, sou sy aftrede nouliks ’n uittrede, ’n wegstap kon wees. Ek reken: sy stem en die sleutelbord van sy rekenaar sal nog lank gehoor word. Die tekens is reeds daar.